Re: van Rensburg: Originale aufgezeichnet von seiner Tochter (1916-1926) Teil3
Geschrieben von Fred Feuerstein am 19. August 2006 23:30:40:
Als Antwort auf: Re: van Rensburg: Originale aufgezeichnet von seiner Tochter (1916-1926) geschrieben von Fred Feuerstein am 19. August 2006 23:23:19:
Un der dritte und letzte Teil:
§ § § §
(Merkwaardige Visioen.)
# # #In die jaar 1920 tÿdens mÿ bediening in Kaapstad (NuweKerk) Skryf Dr. Rossouw. Was ek op besoek bÿ mÿ Swaer Ds. Esterhuizen destÿds van Delarey. 'n Seun van Genl. DelaRey en ander het mÿ begin vertel van die ou mnr. van Rensburg en sÿ Visioene met die gevolg dat ek
spesiaal na hom gereis het in geselskap van oudr. C.A.Gaciano en diaken C.G. v.d.Merwe, albei van Delarey. Ons het die grootste deel van die dag bÿ hom deurgebring en die namiddag
bÿ hom aan tafel geëet. Hÿ mÿ die tafelgebed laat doen en daar bÿ gevoeg U moet verstaan, ek laat nie elkeen aan mÿ tafel bid nie. Toe vra ek hom, Van waar dan die vertrouë in
mÿ Daarop begin hÿ toe o.m. sÿ Visioene aan mÿ te Vertel.Kloof wat toe val
Kyk se hÿ. Daar is 'n vreeslike Kloof wat ons volk van mekaar skei, maar die gapende afgrond sal toeval sodat ons weer na mekaar toe gaan en ver mekaar kan gaan kuiër. Maar waar ons twee staan lë die walle teen mekaar. Die honde het vermorre nie eens ver u geblaf nie en gisteraand het ek julle drie al sien aankom.
Ek sien daar gaan in anderland (Europa) groot moeilikheid kom. Hulle is daar soos 'n klomp krioelende slange Veral is daar 3 grotes wat 'n dreiënde houding om te pik aanneem, 'n bruine 'n Swarte en 'n Gele. Die eerste twee maak net hull gifbekke oop en laat die tongetjie bewe, dog is te verbouereerd om te pik.
Die Geel slang is Duitsland want ek kan sien hÿ is gekwes en spartel en krul hom. Maar hÿ sluk die Kleintjies in, een na die ander. Dan swem hÿ oor 'n dam water en verswelg die
kleintjies oorkant die waterDie ossewaëns
In ons land sien ek in die woelige tyd ossewaëns en donkiewaëns uit die Suide optrek na die Noorde. Die donkiewaëns sak egter uit, en die ossewaëns word al meer en meer. Hulle word begelei deur perre Kommando's en ek sien u op een plek op die voorpunt.
(Dit het letterlik op Swellendam gebeur, meld Dr.Rossouw.)
In Kaapland het die Siener Voortgegaan sal dit bontspanne wees, Maar oorkant die Grootrivier, pronkspanne rooi Afrikaners wat hul horings teen mekaar sal speel. Dan sal
hulle bÿ duisende en tienduisende êrens noord van Lichtenburg bymakaar kom van alle kante. Dit sal die Grootste byeenkoms van Afrikaners in ons Volksgeskiedenis wees en dit sonder dat
die Volksleiërs die volk daartoe sal roep.Die Bloed vlag.
'Die volk sal dinge in sÿ eiê hande neem, en die wat nie wil padgee nie, trap hulle dood. Dan sal daar 'n groot stilte heers net voor die storm wat geweldig maar kort van duur sal wees. Daar sal een emmer bloed omval en daarin sal ons vlag gedoop word en die bloedvlag sal dan wapper oor 'n Vryê Volk.Dan het hÿ baië gepraat oor verd..de [verdroëde?] mielielande gaan Dr. Rossouw voort oor hongersnood 'n Slagter wat net spek uitsnÿ en 'n menigte ander dinge wat nou minder vreemd
lyk as toe. Ek maak geen kommentaar nie want ek het nog altyd skepties gestaan teenoor sÿ gesigte maar vreemd is hulle voorwaar in huidige omstandighede, hier en in die buiteland.
[ Deel 6: Sewe briewe i.v.m. Siener deur Boy Mussmann van Vryburg aan mnr.J.J.de Beer van Lichteburg. Hierdie deel is 'n toevoegsel tot die eerste 5 dele. Verwysing: Siener-Lêer: Lichtenburg museum
Brief 1: Gedateer 25 Oktober 1955 bladsy 1
Brief 2: Gedateer 8 November 1955 bladsy 4
Brief 3: Gedateer 20 November 1955 bladsy 8
Brief 4: Gedateer 4 Desember 1955 bladsy 10
Brief 5: Gedateer 8 September 1956 bladsy 11
Brief 6: Gedateer 2 Maart 1957 bladsy 13
Brief 7: Gedateer 11 Mei 1957 bladsy ]
[ Brief 1: ]
Bus 197
Vryburg
Geachte Mnr deBeer 25 Okt 1955Neef Piet delaRey het u brief i.v.b met 'n foto van siener van Rensburg gestuur. Ek het verskye portrette van siener. B.v. Ek het een waar hy in een Duitse rybroek in kamaste sit
wat ons gedurende die 1914 oorlog in Duits Wes ontvang het. Een van hom met sy Grootfamillie en ook sy ou vader by. Die een wat ek vir my een vergroting van laat maak het is die waar hy op 'n springbok velletjie sit, met opgerolde mouwe, het die pyp in sy hande (daar is die fytvinger te sien waar daar 'n heel interressante geskiedenis aan verbonde is) Daar
is die paar veldskoene waar aan hy gewerk het. Die knipmes, die hamer, die besondere soort tang, die spykerblikkie, die veldstoel die koppie, waarop Vader staan ens.Op die foto is genoeg te sien van 'n nederige ongeleerde. Op die veldstoel het hy talle van die dae voor sy eenvoudige brakdak huis gesit en dan vertel hy wat nooit 'n koerant of boek lees behalwe sy Bybel die geskiedenisse van al die nasies onder die son. Na die rebelle was hy tot 1923 plaas geinterneerd. As hy wou kerk toe gaan dan moes hy 'n permit van die Magistraat kry. Omdat Genl Smuts in sy rapport oor die rebelle (gedruk 2/2/15) dat die burgers van Wes Transvaal aan Gnl delaRey en siener soos een man geglo het en daarom ook soos een man gerebelleer het. 1923 kry ek van siener 'n brief waarin hy sê As ek hom op sy plaas kom haal en weer daar bring dan kom vier hy hier by my Dingaansfees. Ek dag hy het nou algehele amnestie gekry. Ek vra hom ook net toe ek daar kom wat gebeur het. Hy sê Hnl Smuts het 'n
vergadering belê op Ottosdal. Hy sê Net toe dit bekend word onder die publiek toe sien hy (siener) sy uitgaan hoed lê by Gnl Smuts op die verhoog. Toe se hy aan my, toe weet hy hy
moet na Genl Smuts se vergadering gaan en toe wonder hy wat moet hy daar gaan maak.Toe sien hy die Magistraat van Lichtenburg (Mnr Graham Cros [ Graham Cross, Magistraat te Lichtenburg 1920 1923, later Ondersekretaris van die Dept. van Lande] ) kom na hom. Die Magistraat sê dat Genl Smuts hom na na siener gestuur het met die aller dringendste versoek dat siener moet na sy vergadering op Ottosdal kom. Toe sê siener aan die Magistraat. Dit sal ek nie doen, Ek weet wat Gnl Smuts bedoel. Hy wil dat ek na politieke vergaderings moet gaan, dat hy my weer in die tronk kan stop. Toe sê die Mag. Ek sal vir jou borgstaan dat aan jou niks sal gebeur. Ek sal jou hier by jou huis kom haal en weer hier bring. Ek sal jou die reg gee om na enige politieke vergadering in die Unie te gaan en staan goed vir jou. Toe sê siener as dit die geval is dan behoef jy my nie te kom haal. Ek sal self daar kom. Op die vergadering se Genl Smuts. Hy is so bly dat die ou Volksvader hom vereer het met sy teenwoordigheid. Na die vergadering toe nooi genl Smuts vir siener na 'n kamer om privaat te wees Daar sê gnl Smuts. Oom Nicolaas ek kan nie vir jou sê hoe bly ek is dat jy gehoor gegee het en gekom het na my vergadering. Hy sê Ek het jou laat roep om raad. Ek wil van jou weet, die kloof wat tussen die Afrikaner volk is wat dageliks groter word wat moet ek doen om dit te heel?
Toe sê siener my raad sal jy nie neem. Toe sê Genl S. sê net al kos dit my lewe ek sal dit doen. Toe sê siener. Ontbind die parlement en skryf 'n eleksie uit, en as jy dan aan bewind kom dan weet jy het jy die volk agter jou, want so kan jy nie aangaan. Toe verseker Gnl S. hy sal oom Nicolaas se raad aanvaar. Ek sê toe aan siener. Oom N. hy sal dit nooit doen nie. Hy sal nie die ligtsels tussen die perde gooi. Hy se my Gnl Smuts sal my raad neem want ek (siener) sien ek kap die doringbos wat in die volk se pad is, af. Dan sien ek die mieliemasien dors dat die blare so waai (dis eleksie) wat gehou word. Hy sê ons kom aan bewind. Ek sê maar oom N. Hoe kan dit wees Genl Smuts het 'n groot meerderheid bo alle groepies en die Nat Party. Hy sê Ek sien 'n boere veldskoen (boere regeering) Ek sien 'n grasdakhuis (boere
kabinet) Ek sê Maar oom N. Gnl S. het nou verledejaar die arbeiders doodgeskiet in belang van die myn magnate. Hul sal hom mos soveel geld vir eleksie doeleindes gee as wat hy
nodig het. Oom N. sê vir my. Ek sien kafferkoringare (dit is geld) vorm 'n beeld van 'n mensToe die kafferkoringare padgee staan 'n nakende persoon. Hy sê die nakende persoon is Gnl Smuts. Hy sal kaal uit kom met al die geld. Hy sê verder aan my ek sien Gnl Smuts die parliament ontbind dan sien ek 5 moframme kom van die kolonie op wat hul wol kortafgeskeer is. Ek vra wat is dit. Hy sê dit is 5 ministers wat nie weer hul setels kry. Dit was toe Nicolaas de Wet Buston Mentz Frans Malan en gnl Smuts self. Gnl Smuts val uit by Pretoria en toe sê Gnl Hertzog. Moenie hom by Standerton opponeer. Ek wil hom in die
parliament hê. Toe sê siener. Hier maak Gnl Hertzog dié fout van sy lewe. Die Heer beskik dit dat hy moet uitval, maar hy wil hom daar hê. Later het hy aan my gesê. Hy sien die Grasdakhuis vermuf. (Genl Hertzog se vereeniging met Smuts. Terloops waarom het genl Botha nie 'n staatsbegrafnis gekry en waarom was sy lyk nie gebalsem, dat dit so sleg geword het in die kerk? Nou omtrent die portret. Ek het gisteraand van Kimberley gekom my skoonseun woon daar. Hy het die portrette en al die gesigte en voorspellings daar wat ek neergeskryf het van af die Engelse oorlog Generaal delaRey is my oom en siener was sy raadgewer gedurende die Engelse oorlog.Siener se dogter het al haar pa se voorspellings neer geskryf vanaf 1916 tot sy dood al die dinge wat vandag nog gebeur en die Groot gebeurtenis wat nou voorlê is alles daar in neer
geskryf. Toe haar pa dood is toe sê sy oom Boy jy skryf 'n boek oor my pa. Ek gee vir jou die aantekenings Daarom toe ek sê As om verwagting van die O.B. Groot is dan sal ons
teleurstelling ook groot wees. Toe stuur die O.B's gnl Smuts sê speurders om my te kom vang met die aantekeningeboek. Toe die speurders my huis deursoek vir die boek. Het die hoof vir my vrou gesê. As ons dié boek kry is jy en jou man vir die res van die oorlog van mekaar geskei. Die skoonseun van my sal vir jou een van die portrette laat oorneem en dan sal ek dit aanstuur Soos ek gesê het. Glo ek nie daar is 'n man wat soveel of meer van die voorspellings weet as ek. Ek het van talle persone hulle persoonlike ondervindings gekry wat ek alles sorgvuldig opgegaar het. Nou vra ek ook van u 'n guns. Ek was 1944 by die kranslegging by Jopie se graf. Die aand het genl Kemp aan 'n groot vergadering vertel van die tog wat hy 1914 deurgemaak het na Duits Wes. O.a. het hy vertel van 'n geval by Rooidam
(25 Nov.1914) Waar Gnl Botha met ongeveer 5000 man Gnl Kemp met sy 600 vas gekeer het. Gnl Kemp sê toe daar ,,Gnl Botha het die dag sy kordon om my getrek. So teen sononder sien ek 'n oopplek in dié kordon. Ek en Bezuidenhuot (veggeneraal) loop voor. Ek sien 'n klompie spioene in die oopplek. Ek laat kaptein Nieuwenhuizen regsom storm en ek storm links om. Ons vang die klompie spioene. Toe het ek weer 'n klompie perde en skietgoedjies gehad wat ek aan die burgers kon uitdeel."Om ek in die dinge belangstel wil ek net so graag as u 'n portret wil hê wil ek graag 'n paar verklarings van 'n paar aller vertroubaarste persone hê. Wat hierdie gebeurtenis nog net so onthou soos ek dit onthou Ek sal u baie baie dankbaar wees. Verskoon tog dat ek so albei kante skryf. Ek het nog talle briewe om te skryf. en die moet oorstaan vir die tyd. Kaptein Nieuwenhuizen was verlede Dinsdag hier by my. Hy leef gelukkig nog. Hy woon 150 myl hier vandaan
As u in hierdie omgewing kom. Is u welkom hier Met dié soort Afrikaners gesels ek tog te lekker
Die uwe
Boy Mussmann
[ Brief 2:]
Bus 197 Vryburg
8 Nov: 1955Geachte Vriend;
Gisteraand het ek u brief ontvang. Baie dankie daarvoor. Ek sien u verstaan nie wat ek bedoel met vertroubare verklarings Ons kry so dikwels verklarings i.v.b met die siener se verklarings wat verdraai en onwaar is. Soos u skrywe het u gesoek na 'n brosjure wat een keer uitgegee is. Een Sybrand Botha het 'n boek oor siener geskryf die naam was "Krygsman ook profeet." Ek het dadelik in die koerante geskryf en gewaarsku dat dit alles onwaar is. So het die boek van die toneel verdwyn. U praat van die boek van die dogter. Dink net van 1916 tot 1926. Elke dag se gesig met die datum by. Dit vat tyd om dit alles deur te lees. Die dinge wat nog moet gebeur en nog steeds gebeur is alles daarin opgeteken. Daarom toe ek sê as ons verwagting van die O.B. Groot is dan is ons teleurstelling ook Groot. Toe word die speurders gestuur om my te kom vang en te inetrneer. Een van die speurders het aan my vrou gesê as hul die boek van Siener kry dan is sy van my geskei vir die res van die oorlog. Toe die O.B. in duie stort het die vader van die plaaslike Generaal my twee keer in Vryburg se strate met die vuis platgeslaan. Siener het selfs beskryf hoedat Dr v. Rensburg se oogmerk maar net is geldmaak.
Die politieke loopbaan is haarvyn beskryf. Elke eleksie. 1948 sê siener: Hy sien twee siwwe uit Johannesburg kom Eendjies na mekaar. Dan sien hy die koringgerwe in die vloer en sy (siener) se ou houd word splinternuut. 'N nuwe regering neh. Dab sien hy na dit in DuitsWes is 'n tafel gedek daar is roosterkoeke en wors op: Boerekos ? Dan sien hy die garingksaal in DuitsWes gee 'n draai garingksaal (Sap regering) en toe gaan die ossewaens af na Kaapstad.
Ek skryf van garingbome. Om oom N. goed te verstaan moet 'n mens baie intieme kennis dra van wat elke ding beteken. Hy het Engeland gesien 'N garingboom wat 'n hand die sate bo afsny en dan verder die boom. Siener sê, Kyk dit wys vir my Engeland sal heeltemal ondergaan, want 'n garingboom is van aard as hy die jaar sy saad skiet dan het hy sy uoderdomsgrens bereik. Dit is dan die eind van die bestaan van die volk. Hy het Engeland Gesien die vrou met linte opgetooi Die linte draai een vir een af tot die vrou kaal staan dan sterf sy. Hy sê dit is al Engeland se kolonies en buiteland se besittings wat sy kwytraak. Kyk ek sê eerlik as ek sien hoe Engeland ondergaan soos oom Nicolaas (siener) voorspel het dan voel ek bly. Nou wil ek vir u weer een ding vertel wat vir u ongelooflik lyk en tog kan ek vir u swart op wit die waarheid daarvan wys. Toe doe O.B.s die speurders gestuur het om die boek te soek en te neem en my te vang Toe sê ek aan Mnr Pieterse Die speurder. Julle wil my nou vang om ek aan Siener glo. Waarom vang jul nie vir Gnl Smuts. Hy glo ook aan siener. Toe lag hul my uit. Ek sê aan Pieterse. Skryf aan Gnl Smuts en vra of hy aan oom Nicolaas glo en as hy sê Nee. Dan skryf ek aan hom 'n brief en se hy is 'n leuenaar. Pieterse sê Nee hoe sal ek aan Gnl Smuts skryf Ek sê Ek sal aan hom skryf en jou sy brief wys.
Ek skryf toe aan Gnl S. en sê aan hom. Die Speurders was hier om my te vang en die voorspellings van siener beslag op te lê. Ek seê Ek weet dat hy aan Siener glo Ek noem hom my redes. Omdat hy 1924 die parlement op oom N. se advies ontbind het en 'n eleksie uitgeskryf het. Ek sê oom N. het my gesê Waarom gnl S nie vir gnl Botha nie 'n Staatsbegrafnis kon gee. Ek sê aan Gnl Smuts ak vra hom nie geld. Ek vra net permissie om die voorspellings van siener (die waarheid) te vertel, want hier gaan baie leuns van hom rond. Ek sê an Gnl S. hy moet die Geinterneerdes in ons land los. Want of 'n persoon nou 'n klein of 'n groot misdaad gepleeg het Hy is geinterneerd vir 'n onbepaalde tyd (so lank die oorlog duur) en hul sit op gnl Smuts se verantwoordelikheid tot 'n ander mag wat gnl Smuts nie
goedgesind is hul los en dan is hul sy opperste vyande (Soos Dr Malan toe ook gedoen het)Ek sê toe ook aan Gnl Smuts. In die boek met voorspellings sien oom N. Hom (gnl S) Die rooibruin bees staan by Johannesburg en kyk na die ooste (Rusland) en hy word baie maer. Ek sê die rooi bees is Engeland se kleur. Die bruin bees is ons kleur dus 'n rooibruin bees is 'n ontaarde Afrikaner. My vrou en 'n onderwyseres wat hier logeer sê nou sal Gnl S. jou laat interneer. Wat gebeur (Hier is Gnl Smuts se antwoord in my huis. Hy sê wat betref die
voorspellings van siener. Gaan aan met die goeie werk en i.v.b. met die geinterneerdes het ek jou brief na die minister van Binnelandse sake (Harry Louwrens) verwys vir oorweging.
Nie lank daarna skryf ek aan Gnl Smuts om tog 'n Mnr Brits (13 President straat Potchefstroom) te los: Die man was baie siek in Koffiefontein. Gnl Smuts ruil Harry Louwrens om vir Collin Steyn en G.L Brits word gelos. Skryf maar aan hom.Mnr Brits vra dat ek moet probeer 'n ou Duitser Mnr Krause wat ly aan suiker [sinter?] siekte uit te kry. Mnr Krause word gelos en hy sien ook gesigte Hy kom woon by my in die huis. Hy het die more vroeg aan my kom vertel en gesê: Vanmore het die geallieerdes by Naushoerge Duitsland binne geval. So teen tienuur flitsberig wat dit bevesteig. Nou omtrent die plan om op Lichtenburg te ontmoet is vir my onmogelik. Ek het nog nie reën gehad. Ek moet sodra dit reën tot Januarie wanneer ek nog voer moet insit ploeg. Ek dink dit is baie beter om met jou vrinde en goeie Afrikaners saam te span en dan belê jul een aand in Johannesburg dan kom ek na julle en dan bring ek die boek met voorspellings ens saam Dan betaal jul my reiskoste heen en terug as jul dit wenslik ag kom ons soveel aande bymekaar as wat jul goed dink.
Oom N. se voorspellings het begin met die begin van die Engelse oorlog. Toe het hy gesê ons gaan die oorlog verloor en nou loop sy voorspellings
Tot waar ons weer vry is. Siener was by oom Koos delaRey (my oom) se kommando toe oom Koos die eerste skote laat knal het by Kraaipan naby Mafeking. Daar het oom N. se perd weggeraak oom N. sê aan my 'n beswaarde gemoedsgevoel het hom van oom N. meester gemaak. Oom N. sê 'n gevoel wat geen pen kan beskryf. Sy kombersmaat (Genl v. Wyk) Het met hom rusie gemaak vir hom gesê: Dink jy meer van jou perd as van jou vryheid? Alle soorte van verwyte is hom na die hoof geslinger. So het oom N. vir oom Koos altoos op hoogte gehou van elke beweging van die vyand ens Nou skryf ek 'n bladsy uit die boek met voorspellings waar oom N. se voorspellings eindig. Dan se jul wat is jul verklaring. Dan is daar oneindig veel om dit vir jul te verduidelik Dit is onmogelik in eend aand as jul haastig is sal ek dit stuk vir stuk per brief beantwoord. Ek sal aan jul verduidelik waarom ek gevoel daar rus 'n verantwoordelikheid op my. Psalm 78. Dink ek woon presies 100 myl van siener
en hoeveel keer het ek die afstand met kar en perde afgelê. Was ek dan immers gek?15 Sept 1921 Dit is baie donker en die varke hardloop na Johannesburg. Daar is draad. Toe kom 'n gemetselde voor met water van die Weste, maar die water is bruin en dit spat op my veldskoene Ek staan langs die water. 1 Okt 1921. In Europa lê 'n vark en een sak kom oor hom dat net sy kop uitsteek
10 Okt 1921 Kom in Europa een papier met klein uit. 'N hand met potlood trek blom op en n streep deur die letters. Toe kom 'n span ingespande osse uit, waar vaal osse tussen is (vaal osse belang aan Duitsland) Toe kom 'n appelblau perd in Europa uit wat baie vet is. Sterk. N.B. Ingespande osse is troepe wat uittrek om te veg. Blauperd is Duitse perd. Sterk
26 Okt 1921 Die witvark kom weer in die gesig (sien 1 Oktober 1921) Een mes krap die hare af maar die nerf bly op die vark (soos 'n vark wat vasgebrand het. Die wereld word by ons swart. 10 November 1921. Die mis trek oop en toe staan die wa klaar gelaai gerwe. Toe lê die gerwe langs die vloer. Die vloer word skoon Ver in die Noorde is klein wolkies Hul gee pad van mekaar en die son skyn helder. In die noorde kant in die lug is 'n gallery en op dié galleryis soos die beskrywing van die tabernakel met die goue kandelaars en agter die gallery kom 'n ménigte kinders uit en kom af na die suide. Die kinders is almal van 10 jaar leeftyd. almal wit aangetrek met blau oë. Voor is dogters van siener (wat in die moordkampe dood is) en een van siener se susters kinders (ook 'n dogter en een dogter van Gert van Wyk. Al vier genoemdes is in die kamp dood Die vier is op die voorpunt van die kinderskaar wat afdaal Oom N. se in lewe was die vier kinders nie almal 10 jaar maar so sien hy hul hul het ook nie al blau oë, maar dit wys hom omdat hy die vier voorstes ken dit is kamplyers Dan hoor hy uit die kinderskaar kom die woorde ,,Deze is het die hul lewens gegee het tot 'n prooi en sy kom komen om te delen in die vreugde van hun medebroers en suster. Oom N. sê aan my as die
kinders terug draai hemelwaarts dan is hul oë vol trane, maar van blydskap wanneer ons vry is. 20 Nov. 1921 Die koring word ryp aan die noordekant Aan die Westekant is die koring vol in die aar. 1 Desember 1921. In Europa kom 'n Groot kom vol varkwors in die gesig (Val van Engeland)10 Desember 1921. Die afgesnyde koring word bosse aangedra. Te Johannesburg kom mielies in die gesig, maar verdroog en raak weg tussen die koring stoppels
Toe is hier 'n kamp van blinkdraad gespan. Die gras word wit om die kamp In die ooste kom bruinperde en my blauperd is ook daar by. My veldskoene gaan uit my voete en ek trek nuwes aan.
Nou verduidelik ek so een en ander 15 Ons is in groot moeilikheid. Die varke is die Engelse in ons land. Oom N. sien hul as varke omdat hul altoos met vuil werk besig is. Daar is draad ('n soort van beskerming vir hul. Die gemetselde voor is nuws wb dit staan i.v.b. met oom
N. se voorspellings. Vertroubare nuws1 Okt begin van Engeland se ondergang 10 Okt. Stig van bougenootskap en onderhandelings lei tot
niks. Trek maar 'n streep deur die vyn belynde oorlogs
planne ens.
Span osse Duitsland trek op saam met 'n maat. Appel blau
perd baïe vet.Toe Duitsland oorgee toe sien oom N. 'n blauperd raak in Duitsland weg in bosse. Nou tree Duitsland sterk op Engeland is aan sterf (die vark) Die vark word verder bewerk. Ons moeilikheid word baie groot.
10.Nov Daar kom verandering en die. Die koring en haver (engelse) word uitgesif. Vloer skoon. Ver in die Noorde (Amerika) ons son skyn helder omtrent vol besonderhede hoe die 'kinders' van oom N. in die kamp beland het en hy en sy vrou nie. Vereis 'n lang uitleg. Op versoek van julle later. Die koring die Afrikaners Die mielies die Engelse. Kamp met blink draad. Nuwe draad. Ons interneringskamp. Van Durban kom die boerekommandos terug. Dan is ons land skoon van Engelse. Oom N. se perd van Kraaipan is ook by. Oom N. se voorspellings is volvoer. 'N nuwe loopbaan tree in Boy M
[ Brief 3: ]Bus 197 Vryburg
20 November 1955Waarde Vriend.
Vandag lees ek in die Transvaler twee artikels waaroor ek graag ‘n artikel in die Tranvaler sou wou skryf, maar ek glo nie dit sal opgeneem word. Die een is “V.V.) Deur nie blankes oorheers.” Die ander is . 100.000 nie blankes bewapen vir Engeland se hulp en besparing van Engeland se seuns Siener het i.v.b. met die bewapening in Afrika van nie blankes gesien ‘N span swart osse wat hier in die noorde inspan. Hul horings is skerp en kyk hier heen (na die suide). In Indië sien hy ‘n geweer uitkom en dié kom sonaby dat hy (siener) in die geweer se bek kyk. Hier by ons in die noorde val ‘n emmer bloed om. Ek dink ek het geskryf aan u (of het ek nie?) Hoe donker dit hier by ons sal word in die toekomstige oorlog. Die dik vet Swartperd en die vuil geel perd. Moeilikheid met die kaffers en koelies.Met die stigting van die Volkebond Toe sê oom N. Hy sien mense is besig om ‘n wa se wiel se band oor te trek. Eers was die band te klein. Toe eindelik hul die band oor het, toe het die wiel nie ‘n naaf. Daar het jy nou die hele beskrywing van die Volkebond Oom N. sê op die plan van genl Smuts wil die geallieerdes ‘n volkebond stig, maar die V.B moet bestaan alleen deur lede van die geallieerdes. Toe vind hul dan is die V.B ondoeltreffend. Toe is die band te klein.
Toe neem hul Duitsland en ander in. Tie is die band groot genoeg vir die wiel. Toe sê oom N. Die
[invoegsel] Toe vind hul uit die wiel het nie ‘n naaf [invoegsel]
volke wil met mense verstand ‘n mense organisasie in die lewe roep wat Gods almag werke moet verrig. Want as God se oorlog sal geen mense organisasie dit keer en as God sê Vrede kan geen mens oorlog voer. Toe sê Siener daarom het die wiel nie ‘n naaf. Hy sê Die spil waarop alles draai is Gods besluit. Hy noem nog vir my ‘n voorbeeld en sê as twee volke rusie kry en beveg mekaar en die res van die V.B sê A is verkeerd B is reg. Die V.B besluit A moet sy optrede staak en A weier. Dan moet die res van die V.B vir A. aanval en dan ontketen daardeur ‘n groter oorlog. Dan sien hy na die eerste waiel wat die band eers te klein was twee motor bande wat albei te groot is. Meer modern (motorbande) Kort voor adv: Erasmus (Minister van verdediging) se vetrek oorsee. Toe hou hy hier op Vryburg ‘n vergadering. Ek vra. Uit hoeveel nasies bestaan die V.V.O. Hy antwoord 34 Ek vra hoeveel van hul het in Korea geveg. om agressie te bestry. Sy antwoord was 14.Nou vra ek vir u waarom nie almal. Rusland inkluis? Adv. Erasmus het hier gesê ons moet die oostelike see roete deur die Suez oop hou anders anders sal ons produkte aan die havens lê en vrot. Nou kry Egipte deur Slowakye Russiese wapens? Adv. Erasmus het gepraat van sy “Middeooste se kommandoment. Wat het daarvan geword? Ek vir adv. E. gevra hoe kan ons met Engeland ‘n bondgenootskap sluit. Hy die Goddeloose wat talle van ons vroue en kinders vermoor het wat in die eerste wereld oorlog by die Serviers aangesluit het. Die moordenaars van Oostenryk se kroonprins en prinses?
Die Engeland wat in die daë van Koningin Victoria. Soos die Engelse haar genoem het die Virgin Queen. Drake en Hawkins het op ‘n seereis alle skepe wat hul tee gekom het beroof van edelgesteentes en goed. By hul aankoms in Engeland het die Virgin Queen hul vereer aan boord van hul skepe met die grootste verering aan ‘n mens Sy sê Die ryke buit wat hul gemaak het kan geen pen beskryf. “Was dit buit? Of soos die Engelse sulke dinge noem Highway Robbery!
Ek was baie ontevrede. Toe Indië ‘n republiek word. Toe stuur Engeland ‘n persoon na Dr Malan op ‘n geheime sending. Toe Dr in Engeland kom toe moes Dr kom pleit dat Indië al word hy ‘n republiek moet lid bly van die Statebond
Nou sien ek Engeland se leer owerstes se 100.000 kaffirs moet in die plek van Indië dien wat nie meer by hulle (Engeland) is.
Voor die tweede wereld oorlog toe sê Loyd George Hy is verplig om met Rusland ‘n bondgenootskap te sluit, want Indië en Japan is nie meer by hul Toe dink ek wat ‘n onnosel ding om vooraf te sê Toe Engeland sy voorstel maak toe sê Rusland Waarborg die oossee state se veiligheid.
Toe gaan Hitler en hy sluit ‘n bondgenootskap met Rusland. Hy sê al is Rusland Bolsivisties Kommunistis Hy waarborg aan Duitsland dat Bols. En Kom.- moet sy voet in Duitsland sal sit. Ook waarborg hy die Duitse volk dat hul die oorlog sal wen want hy beskik oor ‘n geheime wapen wat sy vyand nie teen bestand is. Hy sal dié wapen nie gebruik voordat hy nie voor die voldonge feit staan om die oorlog te verloor, want as hy dié wapen andersins sou gebruik sal hy beskuldig staan as ‘n barbaar. Oom Nicolaas het gesê Hy sien as die oorlog uitbreek danveg Rusland en D. Saam. Dan sien hy kry die span skilderosse blau voorosse (offisiere in Finland) Danbegin die skilderosse in die ronte draai. (Begin Rusland teen Duitsland draai) Dan verander die skilderbees in ‘n vark. (Die Engelse staatsmanne het oom altoos gesien as varke) Nou word Rusland eensgesind met Engeland. Dan verander die vark in ‘n hond.Generaal Smuts het oom N. gesien die geel hond met ‘n withalsband. As ‘n mens ‘n hond van sy oorspronklike baas weggelok het met stukkies kos dan byt hy uiteindelik sy oorspronklike baas wat hom grootgemaak het. Hy sê so is genl Smuts met geld en eer van sy volk weggelok. So het Engeland die hond en ons met die halsband. So staan in die bybel. Ek het vir adv. Erasmus gesê Hy moet net handel volgens die Geskiedenis van Koning Josaffat. Toe hy geld en eer genoeg het toe gaan kuier hy vir sy goddelose swaer. Toe sluit hy weer ‘n handels verdrag met ‘n goddelose. Al hul skepe het vergaan.
Ons sal donker dae kry as die oorlog los bars. Omdat ons nie meer glo aan die God van die heisleërs van die leërskare
Beste wense en Groete
Jou Vriend. Boy Mussmann
[ Brief 4: ]
Foon 1712
Bus 197
Langlaagte
Vryburg
Geachte Vriend 4.12.1955U brief met dank ontvang. Ek is bly dat u kom. Dan arriveer u die 20ste 1.30 n.m op Vryburg. Dan sal my skoonseun Sarel Haasbroek u daar ontmoet Soos ek u alreeds geskryf het hy is Stoorman by die Mielie Kooperasie-stoor op die stasie.
Dan is alles in die haak.
Ek lees in die Transvaler 2.12.55 dat Engeland gebruik al weer bomwerpers?? Verlede nag en vandag hier pragtig sagte deurdringende reëns geval en dit reën al weer.
Onthou dat ek u vertel die tekens wat oom N. sê waaraan ons weet dat die derde wereldoorlog begin Dit reën die wereld word groen (algemeen) die reën bly weg en die gras word plekke witdroog en dan spring die moframme (parliamentslede) uitmekaar ens ens
Groete en beste wense
U vriend Boy Mussmann
[ Brief 5: ]Bus 197
Vryburg 8 Sept 1956
Mnr J. De BeerGeachte Vriend. Seer seker het daar heelwat gedagtes en miskien na my geslinger omdat u nie antwoord gekry het op u briewe. Die rede is veeldoelig. My oë het baie sleg geword. Ek moes hy oë laat toets dir het £3-3 gekos en £11 vir die bril. Die artikel wat u van skryf wat u in ‘n blad gesien het, was dié in “Mense” Ek was hard besig om met die trekker te ploeg. My kaffirs het skoon weggeloop sodat ek verplig was om die osse te laat loop en ‘n trekker te koop. Ek het oorlaai met stof soos die foto aantoon op die lande ‘n boodskap gekry dat ek haastig moes huistoe kom. Ek kon nie dink wat het gebeur . Toe ek huis kom was hier ‘n vriend van my, met twee snelskrifskryfsters Hul moes 2 n m weer in hul diens wees. Daar was nie ‘n oomblik tyd om te was, nog minder te skeer. Ek het meer krag aan die dag gelê met die ploery as wat ek moes, met die gevolg dat my gesondheid ingegee het. Ek moes dokters en dokters raadpl. Tog het die heer dit so beskik dat my jongste dogter se man na Vryburg verplaas word, maar nog nie sou ek die ploeg los want die een kaffir wat hul van die Vrystaat gebring het wis niks van trekker dryf. Die skoonseun het snags hier geslaap en smorens werk toe gery (17 myl) Toe die oestyd kom. Toe voel hy verplig om maar sy werk van £700 p. Jaar telos. Die kaffir wat hy gebring het en ander wat hy plaatselik imploeer het het ook geloop sodat. Ek en hy self sy koeie moes melk. Die koeie moes snags vaslê om vroeg gemelk te kan word
Junie maand toe skryf my dogter van Kimberley dat sy plek bespreek het vir ons vier in die wildtuin. Ek wou nog nie gaan maar dan sê die vrou dan gaan sy ook nie Toe willig ek in Dit het my nogal goed gedoen.
Toe ons tuis kom toe wag hier al ‘n brief van een van die broers van my vrou onderaan die Malopa (200) myl dat ons moet kom kuier. Ons is toe weer daarheen en lekker gekuier. Die oestery het bisonder stadig gegaan. Nou het ons klaar weggery. Nou het van die kaffirs wat my skoonseun mee geoes en gedors het weer kennis gegee Dan sit ons weer met een ou gebreklike. Hy kan darm goed melk en een jong seun van hom.
Die skoonseun het ook ‘n trekker gekoop. Nou wat nou?
Ek het gewonder of die Transvaler jou artikel sal opneem vooral as ons skryf van die leuns van genl Kemp oor siener van Rensburg Ek het so gewonder hoe sal dit dan kom dat die Engelse van Johannesburg so sal skrik vat vir die voorspellings van siener en dan op die vlug slaan. Soos dit op geteken staan in die aantekeninge van die dogter van oom siener. Probeer kry die outspan van 6 Julie 56 dan sal u sien hoe veel die digter en skrywer Lawrence Geen in gesamel het. Daar is baie in wat verkeerd is, soos hy b.v. sê Siener het onder talle boere generaals gedien soos du Toit de Wet Beyers Kemp en delaRey. Gedurende die Engelse oorlog was siener van begin tot die end by delaRey. 1914 het genl Kemp onder siener gedien en het dit met ons noodlottig gegaan as genl Kemp siener se raad nie wou aanvaar en sy eie kop volg, dan het dit ons burgers sê bloed gekos. Omtrent die portret van siener Die negatief het verlore gegaan en as u kom sal ons dié een wat ek hier in my huis het moet laat oorneem.
U moet maar probeer u besoek bring so gou mogelik.
Met hartelike groete u Vriend
Boy Mussmann
[ Brief 6: ]
Bus 197
Foon 1712
Vryburg
2 Maart 1957
Geachte VriendU plan is heeltemal agtermekaar u is heeltemal nog altoos welkom.
Ek het my foon in die huis. U sal in die foonboek sien L E L Mussmann
Wat ek graag aan u wil verduidelik is:-
Die Iere spook vir algeheele onafhanklikheid. D.W.S. Ulster ingesluit. Oom Nicolaas het gesê “Die Iersemeissiekind is net ouer as ons meissiekind wat 1914 by Koppies gebore is. U weet seker dat aan die vooraand van die rebellie. genl de Wet en ander oudstryder offisiere en burgers by Koppies ‘n vergadering gehou het, en besluit om Duits Wes vir Engeland te verower dan hys ons die vierkleur en veg vir ‘n republiek. Toe sê oom Nicolaas daar is ons meissiekind gebore en na mate wat ons vorder na ‘n republiek word ons kind groter en groter en as sy opstaan en loop (selfstandig) dan kom ‘n mens se gedaante en sê. “Ons het geween ween julle”Ek hoop net my brief is in tyd
Beste wense Boy Mussmann
[ Brief 7: ]
Bus 197
Vryburg
11 Mei 1957
Geachte Vriend!As u hier kom en u sien die talle en talle briewe wat ek al gekry het, van belangstellendes en ook nie van mense in ons unie, maar uit Duits Wes en Rhodesië. Dan sal u sien dat ek verseker is van die feit dat ek ‘n instrument is om ons volk reg in te lig. Ek het gehoor van v.d.Walt se skrywe, maar ek weet nie of dit in boekvorm uitgegee is. Wat betref Methuen kan ek jou alles alles haar vyn vertel. Oom Koos delaRey is my oom. Wat my gejaag het om so dikwils mogelik na oom Klasie te gaan (100 myl) Met kar en perde en ook te perd is die bewys dat ek geweet het alles wat hy my vertel sal verwesenlik word, want ek het mos die praktiese ondervinding gehad Enig reggesinde Afrikaner wat ‘n vonkie van Vryheids liefde het sal hom soos ek, dit nie beskou as ‘n opoffering om die ou man te hoor sit en vertel. Daardie tyd het mense my verwyt en gesê “Jy was nou by oom Klasie en jy ry alweer” Nou dink ek self as ek nie dinge uit sy mond gehoor het mag ek twyfel Ek kom eenkeer by hom toe sê hy aan my. “Wat was jou oponthoud dat jy nie eerder gekom het, dit is vandag net 8 daë dat ek gesien het jy stan vir my en kyk voordat jy gekom het?” Toe sien ek dit is waar wat die bybel sê “Ons sondig met gedagtes woorde en werke
Die Heer maak dan aan hom bekend wat in my gemoed omgaan? Hy sê “Ek sien daar kom ‘n tyd dat die wereld omgeploeg is (Dinge is baie deurmekaar) Hy sê “Dan sien ek oor dié omgeploegde grond lê ‘n slang. Ek sien nie sy kop, ook nie sy stert.” Net toe sien hy sit sy dogter (Anna) en skryf. Hy se “Toe weet ek as die wereld omstandigheid selfs in die kerke so deurmekaar is, dan sal die een sê, “hy (oom Klasie) het so gesê en die ander sal sê oom Klasie het so gese en niemand sal kan vasstel wat oom Klasie wel gesê het. Daarmo sien hy nie die slang se kop of stert Net toe moes Anna elke dag sê gesig neerskryf. 1916 tot sy dood. Toe hy dood is toe gee Anna aan my dié aantekeninge en sê. As oom Boy jou boek uitgee oor my pa se voorspellings. Ek wil niks hê vir die aantekeninge. Net as daar geld oor is, dan bou oom Boy op my pa se graf ‘n klein monument Daarom kan niemand met my stry. Toe ek sê “As ons verwagting van die O.B. groot is dan is ons teleurstelling ook groot”. Toe stuur die O.Bs generaal Smuts se speurders om dié aantekeningeboek te soek en my te interneer. Hulle het gelukkig nie die boek gekry. Toe moes die vader van die generaal my tweekeer met die vuis neerslaan in Vryburg se strate en my karnuffel. Kom en bring genl Kemp se boek “Die pad van die veroweraar saam.
Beste Wense
Jou Vriend Boy
Antworten: